Your Recipe Blog

SPESIALE GRANADILLA- OF BESSIEKOEK

Recipe by
Cook: 30 minute

SPESIALE GRANADILLA- OF BESSIEKOEK

Resep en foto: Susan Lockem
“Goeie môre..Soos belowe, spesiale granadilla koek wat ook met met ander vrugte gebak kan word”

Vir die bessiekoek, gebruik die bessie opsie van die resep.

  • 250 g kunsbotter ( bak margarine)
  • 375 ml strooisuiker
  • 4 groot eiers
  • 25 ml bakpoeier
  • 1 x blikkie granadillamoes of 115 ml gemengde bessies (ek het 1 koppie gevriesde bessies met sap gebruik)
  • 125 ml granadilla- of gemengde bessiesap
  • 250 ml drinkbare granadilla- of gemengde bessie jogurt
  • Kompote:
  • 2 teelepels suiker
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 teelepel koekmeel
  • Versiersel:.
  • 125 ml botter
  • 500 ml versiersuiker
  • 125 granadilla- of bessie jogurt
  • 25 ml suurlemoensap
  • Maak die kompote deur die bestanddele te meng en goed te roer. Kook en roer goed en plaas eenkant.
  • Voorverhit oond tot 180 °C.
  • Voer twee koekpanne uit met bakpapier.
  • Klits kunsbotter en suiker tot lig van kleur en romerig.
  • Voeg eiers een-vir-een by en klits goed na elke byvoeging.
  • Sif droë bestanddele saam en vou om die beurt met kompote, moes, sap en jogurt by bottermengsel in.
  • Skep in voorbereide panne en bak vir ± 30 minute.
  • Versiersel:
  • Klits  die botter baie, baie goed tot dit lig van kleur is,  voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy die hele tyd klits.
  • Sit die die res van die bestanddele by en klits tot lig.

Versier soos verkies.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page