Your Recipe Blog

SPESIALE FLAPPERTJIES

SPESIALE FLAPPERTJIES

  • 1 eier
  • 10 ml (2 teelepels) suiker
  • 2 ml (½ teelepels) sout
  • 250 ml (1 koppie) laevet – of afgeroomde melk
  • 5 ml (1 teelepel) canola of sonneblom olie
  • 250 ml (1 koppie; 90g) koekmeel, gesif voor dit af gemeet is.
  • 5 ml (1 teelepel) bakpoeier
  • 5 ml (1 teelepel) koeksoda
  • 125 ml (½ koppie; 50g) hawersemels (bran)
  • 1 groot appel, met die skil gerasper

Klits eiers liggies met draad klopper in mengbak.
Voeg suiker en sout by en klits, maar nie langer as 1 minuut nie
Voeg die helfte van die melk en olie by. Klits, maar nie langer as 1 minuut nie
Sif meel, koeksoda, bakpoeier en sout saam en roer geleidelik met houtlepel by die eier – en – melk mengsel in tot dit glad en sonder klonte is. Moenie te veel meng nie.
Voeg res van die melk, hawersemels en gerasperde appel by. Meng liggies. Laat staan vir 10 minute tot bestanddele klam is.
Verhit ‘n kleefvrye pan en bespuit met kossproei. Skep omtrent 4 aparte eetlepels beslag in pan en braai die flappertjies oor matige hitte tot blasies bo-op vorm en die anderkant ligbruin is. Keer om en braai ander kant bruin. Herhaal met die res van die deeg.

Resep geplaas deur Jane Lerm
Foto:  Jane Lerm

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page