Your Recipe Blog

SPESERYKOEKIES MET HEUNING EN STROOISUIKER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 - 15 minute

SPESERYKOEKIES MET HEUNING EN STROOISUIKER

  • 600 ml koekmeel (300 g)
  • 7 ml koeksoda
  • 5 ml fyn gemmer
  • 3 ml fyn kaneel
  • 200 g botter of margarien
  • 250 ml bruinsuiker (200 g)
  • 1 eier
  • 60 ml heuning of stroop
  • 12.5 ml strooisuiker

Sif meel, koeksoda en speserye saam.
Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klop baie goed. Voeg heuning by en meng.
Roer droë bestanddele by en meng goed. Vorm klein balletjies.
Doop die helfte van elke balletjie in water en dan in die strooisuiker.
Plaas met suikerkant na bo op ‘n gesmeerde bakplaat (druk effens plat) en bak 12-15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC.

Nota: Suenell Liebenberg
Het ook hierdie koekies gebak, sy het die koekmeel met bruismeel vervang en geen koeksoda bygevoeg nie. Sy moes meer bruismeel bygevoeg het, want die deeg was te pap en het ook die strooisuiker en water metode gedoen, maar was nie ten gunste van haar bevinding nie.

Die foto voorbeeld is soos volg uiteengesit vir verwysing:
No 1 – eetlepel groote balletjies gemaak en effens plat gedruk sonder om water en suiker oor te sit
No 2 – selfde grootte balletjies bietjie meer plat gedruk met water en suiker oor.
No 3 – kleiner balletjies nog platter gedruk met minder water en suiker.

Foto: Seunelle Liebenberg
Resep: Carol Elliott Claassen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page