SPESERY-BEETSLAAI
- 1.5 kg beet
- 500 ml asyn
- 2 ml sout
- 1 ml peper
- 2 ml kaneel
- 500 ml water
- 500 ml suiker
- 2 ml fyn naeltjies
- 2 ml gemmer
Kook beet tot gaar, skil en sny in skywe of kwarte of soos verkies.
Verhit al die ander bestanddele, nie in ‘n aluminium kastrol nie.
Voeg beet by en kook verder vir 20 minute.
Skep in gesterilseerde bottels en seël dadelik.
Nota:
Koop 4 kg, dis gewoonlik 4 sakkies. Na die bo en onderkante afgesny is, is dit 3 kg. So jy verdubbel net die resep.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans