SPESERY BEET INGELÊ
- 4 kg beet
- 750 ml bruin asyn
- 750 ml water
- 750 ml suiker
- 5 ml sout
- 5 ml gemmer
- 5 ml fyngemaalde naeltjies
- 5 ml kaneel
- 2 ml swart peper
Kook die beet tot gaar en laat dit afkoel. Skil af rasper of sny dit in skywe soos verkies.
Plaas die beet terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele by. Kook goed deur vir 10 min.
Bottel warm in voorbereide bottels
Nota:
Sorg dat bottels tot bo vol asyn- en beetmengsel is.
Op die foto – 5 kg beet ingelê.
Ek het 100 ml Maizena met 150 ml water gemeng, dit net na dit gekook is by gegooi, deur geroer 1 min laat kook, plaat afgesit en gebottel. Laaste bietjie het ek in bak geskep en 1/2 ui by gerasper.
Foto en resep : Meisie van der Colff