SPEKKO RYS SUSHIKOEK
- 500 ml Spekko Royal Umbrella Jasmine rys
- 1 liter water
- sout na smaak
- 60 ml rys-asyn
- 15 ml strooisuiker
- 2 nori-velle, gesny om in ’n ronde koekpan van 15 cm te pas
- 125 ml Mayonnaise
- 25 ml wasabi-pasta
- 200 g salm-sashimi, dun gesny
- 1 ferm avokado, in skywe gesny
- 30 ml gemengde wit en swart sesamsade
- 1 komkommer, in linte gesny
- 8 – 12 steurgarnale, skoongemaak en liggies gaargestoom
Kook die rys in die gesoute water volgens die aanwysings op die pak.
Haal van die plaat af en sit eenkant om af te koel.
Sprei die rys uit oor die bodem van ’n groot, plat bak.
Meng die asyn en die suiker en giet oor die rys.
Gebruik ’n groot slaplemmes om die rys te sny en verwyder enige klonte.
Laat die rys verder afkoel tot kamertemperatuur.
Deel dan die rys in twee gelyke dele.
Skep die een helfte van die rys in ’n ronde koekpan van 20 cm wat met kleefplastiek uitgevoer is en druk vas.
Sit die eerste nori-sirkel bo-op (daar sal reg rondom 2,5 cm oop wees na die kante van die pan).
Meng die Mayonnaise en wasabi. Smeer die helfte hiervan oor die nori-sirkel op die ryskoek.
Pak nou ’n laag salm en avokado.
Plaas die ander helfte van die rys bo-op en druk weer vas.
Plaas die tweede nori-sirkel bo-op.
Verkoel voor opdiening.
Om op te dien:
Keer die koek uit op ’n opdienbord.
Smeer die ander helfte van die wasabi-mayonnaise op die koek en strooi die sesamsade bo-oor.
Garneer met komkommer-rose en steurgarnale.
Sny met ’n baie skerp mes en sit voor.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen
Wow