Your Recipe Blog

SPEKBOOMBLATJANG

SPEKBOOMBLATJANG

  • Spekboomblaarmengsel:
  • 250 g spekboomblare, geweek in soutwater vir 1 uur
  • 2 uie, gekerf
  • 2 soetrissies
  • 3 sterk rissies
  • 4 groen suur appels
  • Asynmengsel:
  • 1 koppie asyn
  • 1 teelepel gemmer
  • 1 teelepel braaispeserye
  • 2 koppies suiker
  • 2 teelepel sout
  • Ekstra:
  • 2 koppies appelkooskonfyt

Dreineer die spekboomblare deeglik van die soutwater.
Maal dit saam met die res van die bestanddele  vir die spekboomblaarmengsel in ‘n voedselverwerker en voeg 2 koppies water by.
Plaas op die stoof en kook tot sag.

Voeg die asynmengsel by. Kook dit vir ongeveer 10 minute saam.
Voeg die appelkooskonfyt by reedsgekookte mengsel, roer goed deur en kook vir ‘n verdere 2 minute.
Bottel warm in skoon, gesteriliseerde flesse.

Resep:  Beulagh Lombard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page