SPEK, SAMPIOEN EN GEBRAAIDE UIE QUICHE
- Kors:
- 150 g koekmeel (280 ml)
- 5 ml sout
- 100 g sagte botter
Meng bogenoemge goed saam met vingerpunte tot ‘n deeg vorm en druk vas onder in ‘n voorbereide oondbak.
- Vulsel:
- 6 eiers, geklits
- 1 koppie room
- 125 ml melk
- 60 ml koekmeel
- sout
- peper
- 1 koppie gerasperde kaas
- 250 g gebraaide spek, gesnipper
- 250 g sampioene, gekerf en gebraai
- 2 uie, grof gekerf en gebraai
Meng al die vulselbestanddele saam en skep bo-oor die rou deegkors.
Bak die quiche op 180°C vir ongeveer 45 min.
Foto en resep: Juanita Viviers Scheepers
Category: