Your Recipe Blog

SPEK, KAAS, UIE EN PIETERSIELIE BROOD

Cook: 1 Uur

SPEK, KAAS, UIE EN PIETERSIELIE BROOD

Het hierdie baie lekker brood vir ons vir middagete gemaak.

  • 1 ui, gekap
  • 200 g spek, gesnipper
  • 4 eiers
  • 165 ml melk
  • 95 ml olyfolie
  • 3 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel swartpeper
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1.5 koppies kaas, gerasper
  • ¼ koppie pietersielie, gekap

Braai die uie in ‘n bietjie olyfolie, tot deurskynend en voeg dan die spek by, braai tot gaar en los eenkant om af te koel.
Voor verhit oond tot 180°C en smeer ‘n broodpan uit of plaas bak papier in die pan.
Voeg die meel, bakpoeier, gerasperde kaas en pietersielie saam en meng goed deur.
In ‘n aparte bak, klits die eiers, olyfolie, melk, sout, peper en paprika saam.
Voeg die vloeistowwe dan by die droë bestanddele en meng goed deur.
Voeg die gebraaide uie en spek by die mengsel en meng weer goed deur.
Skep die stywerige deeg in jou broodpan en plaas in die oond vir ‘n uur.
Toets vir gaarheid, haal uit die pan wanneer gaar en laat effens afkoel.
Sny op, smeer margarien en geniet!

Resep en foto: Chantál Theron

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page