SPEK, JALAPĒNO AND PARMESAN QUICHE MET SALTICRAX TERT KORS
- Kors:
- Meng die volgende:
- 200 g Salticrax beskuitjies, fyngemaak
- 150 ml gesmelte botter
- groot knippie rooipeper
- gerookte paprika
Druk in quiche/tertkors en sit in yskas om te stol.
- Vulsel:
- Braai saam:
- 200 g stukkies spek, gebraai tot krakerig
- 1 koppie ryp Rosa tamatietjies
- Jalapēnos na smaak (ek het 4 gebruik, oopgesny en pitte verwyder en toe in stukkies gesny)
- 1 koppie wit cheddar kaas, gerasper
- 250 ml vars room
- 125 ml fyn Parmesan kaas
- 3 eiers
Kilts eiers en room saam.
Skep spek en tamaties op bodem van tertkors.
Sprinkel jalapēno en gerasperde kaas bo-op.
Gooi eiers en room mengsel oor spek en tamaties.
Strooi fyn Parmesan egalig bo-oor en bak in voorverhitte oond.
Nota:
Ek het in my LG Solardom oond gebak:
Voorverhit die oond volgens aanwysings vir die oond.
Speed Combi 5, 200°C + M/W 360W.
Bak vir 20 minute.
In gewone elektriese oond sal ek voorstel bak op 180°C vir 30 minute en toets.
Die vulsel moet gestol, maar nie droog wees nie.
NS: die Parmesan veroorsaak die lekker krakerige korsie bo-op.
Foto en resep: Elsabie Tempelton
(Ek het vanaand hierdie quiche gemaak met baba spinasieblare, feta en gebraaide spek stukkies.