Your Recipe Blog

SPEK- EN SAMPIOENPASTA MET KAASSOUS

SPEK- EN SAMPIOENPASTA MET KAASSOUS

  • 250 g skroefie pasta
  • 30 ml olie
  • 1 ui fyn, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
  • 1 pakkie spek, gekap
  • 250 g sampioene
  • 250 g roomkaas (enige geur)
  • 300 ml melk
  • sout en peper na smaak / Aromat

Kook pasta in vinnig kokende soutwater, tot gaar. (Hou eenkant).
Verhit die olie en braai ui en knoffel tot sag. Voeg spek by en braai tot gaar.
Voeg sampioene by en braai tot gaar. Geur met sout en peper of Aromat.
Klits die roomkaas en melk saam en roer by sampioenmengsel in tot al die kaas gesmelt het.
Verhit liggies en moet nie laat kook nie.
Meng saam met die pasta en bedien.

Foto en resep: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5