SPEK EN SAMPIOEN SOUTTERT
- 1 pakkie spek, opgesny in stukkies
- 1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
- 1 ui, in blokkies gesny
- 1 teelepel fyn knoffel
- 2 koppies gerasperde kaas
- 125 ml koekmeel
- 450 ml melk
- 5 eiers
- sout en peper na smaak
- 15 ml pietersielie
Voorverhit oond op 180ºC
Braai spek, sampioene, ui en knoffel saam.
Meng res van die bestanddele saam in ‘n bak.
Voeg die spekmengsel by en plaas in ‘n oondbak.
Bak in oond vir 30 minute tot gaar.
Nota:
Heerlik, maklik en vinnig. Bedien saam met groen slaai en knoffel brood.
Resep geplaas deur Juanita Vermeulen
Foto: Juanita Vermeulen