Your Recipe Blog

SPEK EN MOSSELS SOSATIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 5 mense

SPEK EN MOSSELS SOSATIES

“Surf & Turf”
’n Repie spek rondom ’n mossel sorg vir net daai ekstra bietjie sout, en dit maak van dié gereg ’n wenner.
(vir 5 mense)

  • Vir die sosaties:
  • 30 vars swartmossels
  • ½ bottel witwyn
  • 15 repies strepiespek
  • 5 sprietuie (gebruik slegs die groen deel)
  • Vir die sous:
  • 1 teelepel kookolie
  • 1 handvol grasuie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 125 g gesoute botter
  • ½ koppie room
  • sout en peper

Maak die sous:
Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en laat dit smelt. Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.

Maak die sosaties:
Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.
Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop en spoel hulle onder lopende water af.
Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie.
Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.
Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute. Bedruip die sosaties met die sous.

Foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page