Your Recipe Blog

SPEK- EN AARTAPPELGEREG OP DIE KOLE

Cook: ± 60 minute

SPEK- EN AARTAPPELGEREG OP DIE KOLE

Ek het gistraan vir ons hierdie heerlike aartappelgereg oppie kole gemaak in die platboom swartpot

  • spek (hoeveelheid sal afhang van die grootte van die pot)
  • 2 groot geskilde aartappels, in dun skywe gesny
  • 1 groot geskilde ui, gesmoor
  • 300 g gerasperde kaas
  • gerasperde Parmazaan kaas
  • sout
  • peper
  • rissievlokkies
  • Italiaanse kruie
  • alle geurmiddels, na smaak

Pak die spek al in die rondte in die pot vanaf die middel na buite sodat ‘n gedeelte spek oor die pot se rand hang.
Pak volgende ‘n lagie aartappels op die spek sodat dit effens oormekaar lê en dit die spek oral bedek.
Strooi die bogenoemde òf speserye of speserye van jou keuse oor die aartappels en bedek met ‘n lagie uie, gevolg deur ‘n lagie kaas.
Herhaal die proses met nog ‘n laag aartappels, speserye, uie en kaas.
Vou dan die spek se punte oor die kaas na die middel van die pot en sprinkel ‘n bietjie parmazaan kaas bo-oor.
Druk van bo af met ‘n bakkie se bodem, in die middel effens plat.
Plaas die deksel op en bak met kole bo-op en onder die pot vir ongeveer 60 minute op kole van omtrent 180 ºC.
Ons het dit sommer so uit pot in die bord geskep en dit saam met gekookte groente geniet.

Resep en foto’s: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page