SPANSPEK KONFYTSTUKKE
Dit proe amper soos makataankonfyt.
- 1 groot groen spanspek (nog nie ryp nie), geskil en pitte verwyder, klein stukkies gesny
- 2,5 kg suiker (1,25 kg suiker vir elke kg vrugte, die spanspek was 2 kg stukke in totaal)
- 1 liter water, kamertemperatuur nie koud nie op elke 2 kg stukke
- 40 ml suurlemoensap
- 2 teelepels fyn gemmerpoeier
Plaas alles behalwe die spanspekstukke, in ‘n vlekvrye staal pot en roer deeglik. Die suiker moet opgelos wees voor die stroop begin kook, anders gaan dit sandsuiker vorm.
Voeg die konfytstukke by sodra die stroop kook en laat dit stadig prut vir ongeveer 2 ure (op gasstoof en roer af en toe en kyk dit wil oorkook op einde as sous dikker raak) tot die spanspek sag en deurskynend is en die stroop dikker en minder.
Bottel warm en seël dadelik in gesteriliseerde bottels.
Nota:
Skep heelwat stukke, druk lugborrels uit met vurk in bottel en vul tot bo met stroop.
Lewer twee groot en een medium bottel konfyt.
Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen
Swak uiteengesit. Is die 1 Liter water per kg of vir 2 kg vrugte. Die hoeveelheid vrugte wat jy gebruik het is irrelevant.
More Marcle, ek het gaan seker maak by Christelle en dit is net soos die resep se, 1 liter water op 2 kg stukke, maw soos sy se sy het 2 kg stukke gebruik en dit was die res van die bestanddele vir die 2 kg.
Hoop dit help. Lekker kook.