SPAGHETTI NAPOILITANA / MARINARA
Ek het die resep geleer toe ek in ‘n Italiaanse restaurant gewerk het as bestuurder jare terug.
- 2 uie, rofweg gekap
- 4 knoffelhuisies, fyn
- 1 x 750 ml bottel pasatasous
- 3 blikkies Italiaanse heel geskilde tamaties, (Ingevoer nie die plaaslike nie), elk met ¼ blikke water uit gespoel
- 2 teelepels sout
- 3 teelepels suiker
- vars basiliekruid
- 2 teelepels gemaalde swartpeper
- olyf olie
- 1 loerierblaar
- 1 pak spaghetti
- parmesaan kaas
Braai uie in olyf olie tot deurskynend.
Braai knoffel saam tot geurig vir ongeveer 1 minuut.
Voeg die heel tamaties by en roer goed deur.
Voeg loerierblaar by.
Bring tot kook punt en laat dan prut op lae hitte vir 1½ uur.
Roer nou en dan.
Breek die tamaties met die agterkant van ‘n houtlepel in die pot, maar moet nie te fyn maak nie.
Verwyder die loerierblaar.
Voeg die pasata, sout, peper en suiker by en laat weer stadig prut vir 1 uur.
Gaan die geur na en voeg nog sout by indien nodig.
Kap die basiliekruid fyn en plaas in die pot.
Laat nog 20 min prut en laat eenkant staan.
Maak pasta gaar soos op pakkie aangedui en meng in die sous in.
Sprinkel ‘n bietjie olyfolie oor die sous vir ekstra geur.
Bedien met gerasperder parmesaan kaas en vars knoffel brood.
Nota:
Kook tye is belangrik ander gaan jou sous nie dikker word nie en soos water sop lyk.
Resep en foto: Franco Dippenaar