SPAGHETTI MET SPINASIE EN SAMPIONE ROOMSOUS
Vandag was ek lus vir iets anders op die Sondag. Spaghetti met spinasie en mushroom roomsous en lekker sjokolade malva poeding.
- ½ pak spaghetti, gekook soos op die verpakking aangedui
- Sous:
- 1 meduim ui, gekerf
- ½ teelepel gekapte knoffel
- 1 bakkie sampioene, gekerf
- 200g spek, in stukkies
- 1 bossie spinasie, gebruik net die blare gekerf
- sout en peper na smaak
- 250 ml water
- 250 ml room
- 2 eetlepels Maizena
- 125 ml witwyn
Braai die ui en knoffel saam in bietjie olie, braai stadig en voeg sampioene en spek by roer deur en braai tot spek gaar is.
Voeg die gekapte spinasie by en braai tot verwelk.
Voeg sout en peper na smaak by saam met die water en laat kook.
Meng die room met die Maizena en witwyn en voeg by mengsel.
Kook deur en laat verdik.
Nota:
Indien verkies kan jy gerasperde kaas oor strooi wanneer bedien.
Dit is heerlik.
Resep en foto: Elizabeth Haupt