SPAGHETTI- EN MAALVLEISGEREG
- 1 ui, opgekap
- 15 ml olie
- 10 ml vars gemmer, fyn gekap
- 2 rissies, opgesny
- 600 g maalvleis
- sout en peper na smaak
- 40 ml oestersous
- 20 ml soetrissiesous
- 15 ml sojasous
- 1 blik pynappel stukke (420 g) gedreineer, behou die sous
- 100 ml van die pynappelsap uit die blikkie
Braai die ui in die olie in ‘n pan op die stoof tot glasig.
Voeg die gemmer en rissies by en braai deur.
Voeg die maalvleis, sout en peper na smaak by en roer deur.
Voeg die oestersous, soetrissiesous, sojasous en pynappelsap by en prut tot gaar.
Voeg laastens die pynappelstukke by en roer deur.
Bedien met spaghetti.
Resep en foto: Amanda Austen