SPAGHETTI EN FRIKKADELLE
- 500 g spaghetti
- Frikkadelle:
- 500 g maalvleis
- 1 ui, gerasper
- 1 eier
- speserye na smaak
- olie, vir vlakbraai
- Sous:
- 1 ui, fyngekap
- 1 wortel, gerasper
- 2 blikke heeltamaties of 500 ml tamatiesap
- 1 vleisaftrekselblokkie
- 1 eetlepel fyn knoffel
- Worcestersous na smaak
- sout en peper na smaak
- 2 eetlepels suiker
- fyn Parmasaankaas
- vars Basilliekruid
Kook die spaghetti in ‘n groot genoeg pot op die stoof in kookwater met sout en kookolie volgens die aanwysings op die pak tot al dente.
Berei intussen die frikadelle voor:
Meng die maalvleis, ui, eier en speserye van jou keuse saam in ‘n mengbak.
Vorm balletjies maalvleis so groot soos vir peuselhappies.
Verhit die olie in ‘n diep pan op die stoof en braai die frikkadelle in die warm olie tot bruin.
Verwyder die frikkadelle uit die pan, plaas dit op ‘n bord en hou eenkant.
Berei die sous in dieselfde pan:
Plaas die ui en wortel in die pan en braai dit tot die ui deurskynend is.
Voeg die blikkies tamaties of tamatiesap, vleisaftrekselblokkie, knoffel, Worcestersous, sout en peper na smaak by die ui en wortel in die pan en roer deur.
Verhit totdat die vleisaftrekselblokkie opgelos is en voeg die suiker by en roer deur.
Skep die gebraaide frikkadelle in die sous in die pan en kook onbedek vir ongeveer 5 minute of tot meeste van die vog uit die sous verdamp het.
Skep die gedreineerde spaghetti in ‘n groot opdienbak en giet die sous en frikkadelle oor die spaghetti.
Sprinkel Parmesaankaas en basiliekruid oor die gereg en roer goed deur.
Laat staan die gereg vir ongeveer 10 minute sodat die geure kan ontwikkel en spaghetti die sous kan absorbeer.
Sprinkel nog Parmasaankaas en vars gesnipperde basilliekruid blare oor die gereg vir garnering en bedien.
Nota:
Ek het net vars mint gehad en dit gebruik vir garnering. Geniet.
Resep en foto: Zonia Visser