Your Recipe Blog

SPAGHETTI BOLOGNAISE

Recipe by
Cook: 4 ure

SPAGHETTI BOLOGNAISE

“Ragù Di Salsiccia”

Oktober verlede jaar het ons ‘n Italiaanse “couch surfer” aan huis gehad.

Hy het aangedring om vir ons te trakteer op ras egte Italiaanse dis. Hy vertel dat hy by sy Ouma leer kosmaak. Dit was ‘n hele dag se rustige kook. Ek het nogal gewonder oor dié dis want daar kom geen kruie of speserye by nie. Na 4 ure op die stoof skep ons op. Dit lyk net soos spaghetti bolonaise wat ons ken maar die smaak was in ‘n ander klas. Die tekstuur baie sag en romerig.
Dit was ‘n heerlike verassing en wag was verseker moeite werd.

  • 1 kg maer maalvleis
  • 2 middeslag uie
  • 4 wortels
  • 1 bossie seldery
  • 2 x 400 g blikkies geskilde Italiaanse tamaties in tamatiesous
  • 250 ml rooiwyn
  • sout na smaak

Braai die maalvleis tot bruin in ‘n swaarboom ysterpot. Kap die uie, wortels en seldery saam tot fyn. Mezzaluna mes werk lekker om die werk te doen en dis ontspannend.
Voeg die res van die bestanddele by die maalvleis en prut stadig op ‘n lae hitte vir minimum 3 tot 6 ure terwyl jy dit af en toe roer.
Die pastasous sal stadig verdik en die heerlike sagte geur sal die hele huis vul.
Voeg sout na smaak by aan die einde.

Bedien op spaghetti. Verkieslik tuisgemaakte vars spaghetti.

Resep en foto : Louw LP Senior

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page