SPAGHETTI BOLOGNAISE MET VOLSTRUIS EN KOOL NOEDELS
- Bolognaise:
- 250 g volstruis maalvleis
- 250 g volstruis prime steak
- 1 ui
- ½ groenrissie
- sampioene
- knoffel
- ½ koppie basiliekruid blare
- 1 blikkie tamatie met uie en rissie
- 1 blikke tamatiepasta
- sout, peper, gemengde kruie en paprika, na smaak
- klapperolie
Braai ui, groenrissie en knoffel tot sag. Sit die vleis by saam speserye en braai tot bruin. Voeg die tamatie en tamatiepasta by saam met die basiliekruid blare en prut vir 45 minute.
- Kool noedels:
- ¼ kool, in fyn repies gesny
- 2 eetlepels botter
- sout en peper na smaak
Kook in bietjie sout water tot sag. Gooi water af en sit die botter, sout en peper by.
Skep in opdienbord en bedien die bolognaise bo-op.
Foto: Chireen Buitendag