SPAANSE HOENDERGEREG
- 4 aartappels, in skywe gesny
- 1 ui, geskil en in skywe gesny
- 4 wortels, in skywe gesny
- 10 – 12 hoender boudjies
- 1 pakkie groentesoppoeier
- ½ pakkie uiesoppoeier
- 700 ml water
- 70 ml mayonnaise
- 70 ml blatjang
- 70 ml tamatiesous
- 2 eetlepels vars pietersielie, gekap
- sout en peper na smaak
In ‘n groot gesmeerde oondbak, pak die aartappelskywe onder, dan die ui bo-op en die wortelskywe heel bo.
Plaas hoender boudjies bo-op die groente.
Meng die res van die bestanddele saam en giet bo-oor die hoender.
Bak toe vir 1 ½ uur en dan oop vir 15 minute by 200˚C.
Nota:
Eet saam met rys vir die sous en ‘n groen groente.
Foto 2:
Spaanse hoendergereg vanaand. Ek het sommer 1 koppie rou rys onder in die bak gesit vir ‘n hele oondbak ete en het nog 1 koppie ekstra water bygevoeg. Baie lekker op ‘n koue wintersaand, veral as mens ‘n bietjie ekstra “comfort” nodig het.
Resep en foto’s: Ilze Garbers Jacobs