Your Recipe Blog

SPAANS GEINSPIREERDE BIEFSTUK

SPAANS GEINSPIREERDE BIEFSTUK

  • 20 ml olyfolie
  • 5 – 6 stukke “tenderized” biefstuk
  • 3 teelepels vleisspeserye
  • sout en peper na smaak
  • 20 ml olyf olie
  • 15 ml botter
  • 1 klein ui, in ringe gesny
  • 1 klein rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 2 teelepel gerookte paprika
  • 1 teelepel gedroogde basieliekruid
  • 1 elk Worcestershire sous, sojasous en tamatiesous
  • 125 g sampioene, in skywe gesny
  • 1 blokkie bief aftreksel, aangemaak met 200 ml kookwater
  • 125 ml room

Verhit die olie. Sprinkel die vleisspeserye, sout en peper weerskante oor die vleis.
Braai die vleis 5 minute weerskante oor ‘n hoë hitte tot bruin.
Pak die vleis in ‘n gesmeerde oondbak.
In dieselfde pan waarin die vleis gebraai is, verhit die olie en botter en braai die ui en soetrissie vir 10 minute oor lae hitte.
Voeg die geurmiddels en sampioene by en braai nog 5 minute.
Voeg die aangemaakte bief aftreksel by.
Verhit tot kookpunt en skep die mengsel bo-oor die vleisskywe.
Bedek met foelie en bak 90 minute by 190ºC, totdat die vleis sag is en meeste van die vloeistof verdamp het.
Voeg die room by en bak nog 15 minute oop.
Bedien saam met groente van jou keuse.

Foto en resep: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page