Your Recipe Blog

SOUTVLEISTERT MET KORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

SOUTVLEISTERT MET KORS

  • Deeg:
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels strooisuiker
  • ⅛ teelepel rooipeper
  • 1 eiergeel
  • ½ koppie margarien
  • 3 eetlepels yswater

Sif die droë bestanddele saam. Vryf margarien in meel in met vingerpunte.
Klits die eiergeel en water saam en voeg by die droë bestanddele bietjie op ‘n slag tot ‘n klewerige deel vorm.
Knie liggies, druk in gesmeerde oondpan en bêre in yskas todat vulsel gereed is.

  • Vulsel:
  • 1 blik soutvleis
  • 2 hardgekookte eiers
  • 180 g gerasperde Cheddar kaas
  • 1 teelepel droë mosterd
  • ⅛ teelepel rooipeper
  • 3 eiers en die 1 eierwit van die deeg
  • ¾ koppie melk

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Druk soutvleis en eiers fyn met ‘n vurk, meng kaas, mosterd en peper by.
Klits eiers en melk, meng in by vleismengsel.
Meng goed deur en giet oor deeg.
Bak in voorverhitte oond vir 35 min teen 180 ºC.

Nota:
Dis heerlik, sal dit verkies sonder die deeg, ligter, vinniger en gesonder.

Resep en foto:  Leandri Barnard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page