SOUTVLEIS VETKOEKIES (BULLY BEEF)
- 1 blikkie soutvleis, fyn gemaak
- 2 eiers, geklits
- ½ koppie melk plus bietjie ekstra
- 1 klein ui, fyn gerasper
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- sout en peper, na smaak
- pietersielie, na smaak
- fyngekapte rissies, opsioneel na smaak
- Aromat na smaak
- olie, vir diep braai
Nota:
Ek dink mens kan seker die meel en bakpoeier vervang met bruismeel.
Meng die bestanddele saam, en voeg bietjie ekstra melk by indien nodig, dit moet nie ‘n stywe deeg wees nie, maar ook nie te slap nie, die vetkoekies met mooi vorm hou.
Skep lepels vol in diep warm olie en bak tot gaar.
Olie moet nie te warm wees dat die vetkoekies te vinnig donker word nie.
Sommer die wok gebruik.
Resep en foto: Hannie Steyn