SOUTVLEIS KOLWYNTJIES
- 1 blik soutvleis (boelie bief)
- 240 ml fyn gekapte pizza mix (koue vleise en worsies)
- 3 jumbo eiers
- 125 ml melk
- 50 g bruinuie soppoeier (1 pakkie)
- 30 ml blatjang
- 45 ml heelkorrel mosterd
- 10 ml gerasperde ui
- gemaalde swartpeper
- 250 ml gerasperde kaas
- knippie rooipeper
- 2.5 ml Tobasco sous, opsioneel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit kolwyntjie pannetjies met kleefwerende kossproei.
Klits die eiers, melk en soppoeier saam in ‘n mengbak, totdat die sop opgelos is.
Voeg die mosterd, Tobasco en blatjang by en meng goed deur.
Plaas die blik met soutvleis in kookwater vir ‘n paar minute om die vleis los te maak van die blik.
Verwyder die soutvleis uit die blik en druk dit fyn met ‘n vurk.
Voeg die ui, swartpeper, rooipeper en fyn gekapte koue vleise by die soutvleis en meng deur.
Voeg die kaas en die eier- en sopmengsel by die vleismengsel en meng goed deur.
Skep die mengsel in die gesmeerde pannetjies en bak vir ongeveer 25 minute vir die klein pannetjies of ongeveer 35 minute vir die groot pannetjies tot goudbruin en gaar.
Resep en foto: Johan Rossouw