Your Recipe Blog

SOUTVLEIS EN GROENTETERT

Cook: 60 minute

SOUTVLEIS EN GROENTETERT

Noudat ons heeltyd by die huis is (en dit vroeë skoolvakansie is vir die juffrou) het ek tyd om rustig en aandagtig deur my resepteboeke te lees en veral die ou boeke is nou fantasties. Die resepte met blikkies en soppoeiers etc. veral, want dis die bestanddele waarop ek bietjie kon opstock! Wou iets anders as brood gee vir middagete, so het vanmiddag die Vleis en Groentetert uit Wenresepte 2 gemaak. Ek het dit presies soos die oorspronklike resep gemaak, behalwe dat ek die blikkie groente vervang het met 3 gekapte baby marrows (jy kry nie blikkies gemengde groente in NZ nie). Almal het seconds gevra.
*My glasbak is 40 x 25 x 10 cm.
*Soutvleis kan met boeliebeef of selfs tuna vervang word

  • Kors:
  • 375 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 50 ml melk
  • 125 ml olie
  • 1 teelepel gemengde knoffel en kruie spesery
  • 2.5 ml sout
  • 150 ml gerasperde kaas
  • Vulsel:
  • 1 ui, gekap
  • 1 soetrissie, gekap
  • 15 ml olie
  • 3 tamaties, gekap
  • 1 blikkie gemengde groente, gedreineer of 3 murg pampoentjies, gekap
  • 1 blikkie soutvleis, fyngemaak
  • 250 ml melk
  • 2 eiers
  • sout en peper na smaak
  • opsioneel:
  • ½ blik geroomde mielies (het dit toevallig in die yskas gehad)

Verhit oond tot 180ºC.
Meng kors bestanddele sommer in jou glas oondbak (dit het uitstekend gewerk, en niks het vasgesit).
Meng meel, sout, geurmiddel en bakpoeier saam.
Voeg melk, geklits met olie by, en meng.
Druk deeg in oondbak vas met jou vingers, en sprinkel kaas bo-oor.
Braai ui en soetrissie in olie, voeg tamaties en murg pampoentjies (as jy dit gebruik) nou by, en braai tot droog.
Meng sout vleis (en blikkie groente en geroomde mielies as jy dit gebruik) nou by, roer deur en skep op kors.
Klits melk, eiers, sout en peper en gooi bo-op die vleismengsel (ek het dit effens deur die vleismengsel geroer).
Bak 1 uur tot goudbruin en gestol.
Laat afkoel en sny in skywe en bedien.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page