Your Recipe Blog

SOUTVLEIS EN GROENTE IN DIE PRUTPOT (CORNED BEEF)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 6 ure

SOUTVLEIS EN GROENTE IN DIE PRUTPOT (CORNED BEEF)

Ek het nog altyd corned beef koud geëet, in skywe gesny as ‘n kouevleis. Dit was die eerste keer dat ek dit warm geëet het met die groente, maar die mosterdsous maak dit heerlik!!!

  • 1.5 kg gesoute silverside
  • 2 groot aartappels, geskil en in stukke gesny
  • 4 wortels, geskil en in stukke gesny
  • 2 uie, geskil en in kwarte gesny
  • ½ savoy kool, in kwarte gesny
  • 600 ml water
  • 10 peperkorrels
  • 2 lourierblare
  • Mosterdsous:
  • 2 eetlepels botter
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 2 teelepels Dijon mosterd
  • 1 teelepel Engelse mosterd
  • 1 eetlepel Amerikaanse mosterd
  • 350 ml melk
  • 1 eetlepel heuning
  • sout en peper na smaak

Plaas al die bestanddele (behalwe kool en mosterdsous) in ‘n prutpot.
Kook vir 6 ure in die prutpot.
Voeg kool by en kook nog ‘n uur.
Skep groente uit en hou warm onder foelie, sny vleis in skywe en hou ook warm.

Mosterdsous:
Smelt botter in ‘n pot op die stoof en voeg meel by.
Voeg res van die bestanddele by terwyl jy die hele tyd roer oor ‘n lae hitte, totdat sous dik is.
Bedien skywe vleis met groente en mosterdsous bo-oor.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto:  Ilze Gabers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page