SOUTVLEIS (BULLY BEEF) POFFERS
“Ek het hierdie resep in plat kolwyntjie panne gebak en baktyd verminder. Heerlik vir kosblikke.”
- 1 blikkie soutvleis
- 200 g gemengde kouevleis, fyn opgesny
- 1 koppie Cheddarkaas, gerasper
- 1 koppie koekmeel
- ½ koppie melk
- 3 eiers
- 2 teelepels bakpoeier
- knippie rooipeper
- 30 ml mosterd
- sout en gemaalde swartpeper, na smaak
- 1 klein ui, fyn gerasper
Plaas die blikkie soutvleis in warmwater vir ‘n paar minute. Verwyder die blikkie uit die water en druk die inhoud goed fyn.
Plaas die soutvleis in ‘n bak saam met die opgesnyde kouevleis.
Rasper die ui met die fyn kant van die rasper en voeg dit by die vleismengsel.
Sif die meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Voeg die eiers een-vir-een by en meng.
Voeg die melk by en meng goed.
Smeer 24 kolwynbroodjiepanne holtes met ‘n smeermiddel van jou keuse.
Vul die holtes tot bo met die vulsel.
Verhit die oond tot 160 °C.
Bak vir 45 minute of tot gaar en goudbruin.
Resep en foto: Odehlia Engelbrecht