SOUTTERT MET VERSKEIDENHEID VLEIS
- 2 eetlepels koekmeel
- 2 teelepels mosterd
- ½ teelepel sout
- 2 teelepels suiker
- 2 koppies melk
- 2 koppies gerasperde kaas
- 1 blik boeliebeef, in blokkies gesny
- 4 eiers, geklits
- 4 weense worsies, opgesny en opsioneel
- 1 dik sny Franse polonie, in blokkies gesny, opsioneel
- spek stukkies (Bacon bits), gaar en opsioneel
Meng alles goed saam en skep in gesmeerde oondbak.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir om en by 45 minute.
Nota:
Ek skakel oond af na 45 minute en laat staan dit dan nog in die oond vir omtrent 15 minute.
Bedien met mengelslaai.
Foto: Elmarie Coetzee
Category: