Your Recipe Blog

SOUTTERT MET RYK KAASKORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min. | Servings: 1 x 20-22 cm tertpan

SOUTTERT MET RYK KAASKORS

Die kors is Petré Van Jaarsveld se resep en dis heerlik. Die vulsel maak jy na gelang van jou smaak of waarvoor jou mense lief is. Ek het ‘n bietjie gerookte paprika bygesit vir ekstra geur.
Verhit oond op 180ºC.

  • Kors:
  • 100 g meel
  • 100 g botter
  • 100 g gerasperde Cheddarkaas
  • Knippie gerookte paprika, opsioneel

Plaas bestanddele in die voedselverwerker en verwerk vinnig tot ‘n bol deeg vorm.
Druk die deeg met jou vingers onder in ‘n tertbord en teen die kante. Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak.

  • Vulsel:
  • Kies waarvan jy hou, gebruik jou verbeelding. 😀:
  • gekapte gaar spek
  • gebraaide ui of preie (leeks)
  • gebraaide soetrissie
  • gebraaide sampioene
  • gesnyde gerookte ham
  • enige worsies
  • gaar hoender
  • gaar maalvleis
  • rissies
  • spinasie en Fetakaas
  • fyn biltong

Plaas jou gaar vulsel bestanddele in die kors.
Klits 2 – 3 eiers saam met omtrent 50 ml melk of room wat met sout en peper gegeur is.
Giet oor die vulsel en sprinkel ‘n klein bietjie kaas oor.
Versier met klein tamaties indien verkies.
Die kors is reeds ryk, so net ‘n klein bietjie kaas is nodig.
Sprinkel met gerookte paprika of gemengde gedroogte kruie.
Bak 30 minute en kyk of mooi bruin. Kan nog so 3 min gee vir mooi goudbruin kleur.

Nota:
Ek gaan van nou af net hierdie kors gebruik, want dis almal se nuwe gunsteling. 😁

Resep en 2de foto : Louise Groenewald

Wenk: Heliette Smit
Ryk…. maar lekker. Ek het al die kors in enamel bakke ingesit. Die inhoud gebraai ( sampioene, spek, spinasie peppadews )en ingesit en dan gevries. Dan is dit net vir eier en melk meng en bak. Alles was perfek. Dit spaar baie tyd vir groot hoeveelhede.

Foto 1 en 3: Rina Kleinhans
Ek het ‘n pan gebruik van ongeveer 20 – 22 cm en 5 cm diep. Ek skat daar was so ongeveer 600 ml vulsel nadat ek alles gemeng het sonder die eiers.
Ek het twee koppies fyn biltong, 1 koppie gesnyde sampioene, 1 groot ui gekerf, halwe blokkie feta, 5 songedroogte tamaties, sprietuie, en vars pietersielie gebruik, maar as dit te min lyk, sny sommer nog ‘n worsie of soetrissie of iets daarby.

 

One Review

  1. Sarie Van Vuuren
    Ek het die tert gemaak gister met mince oh my soul die tert deeg is yummylicious verby absolute winner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page