Your Recipe Blog

SOUTBALLETJIES

SOUTBALLETJIES

“Heeeeeerlik, maklik, vining. Dit is rêrig lekker en gou-gou. Indien jy nie van pietersielie hou nie, kan jy dit net uitlos. Spekstukkies kan ook gebruik word.”

  • olie, vir braai
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel knoffel
  • 1 teelepel pietersielie
  • 1 ui, gerasper
  • 1 stuk gerasperde polonie (soveel soos verkies)
  • 1 eier
  • 1 koppie melk
  • 2 eetlepels olie
  • Aromat, vir bo-oor sprinkel
  • doopsous van jou keuse

Meng meel, bakpoeier, sout, knoffel, pietersielie, ui en polonie saam.
Klits eier, melk en olie saam.
Voeg eiermengsel by droë bestanddele en meng goed saam.
Drup teelepels vol in warm olie.
Bak tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
Strooi bietjie aromat bo-oor.
Bedien saam met doopsous van jou keuse.

Kommentaar:
Virginia Mashiwane – as jy ‘n ‘warm’ variasie wil hê, kan jy peri-peri na smaak bysit.

Resep en foto: Anel Engelbrecht Portela

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page