SOUT EN ASYN AARTAPPELSKYFIES VIS
Ek was nogal verras – die vis was heerlik geurig en boonop vinnig om te maak. Ek deel my weergawe met julle.
- 500 g visfillette, in 4 porsies gesny (vars vis werk die beste)
- 5 ml sout
- 50 ml mayonnaise
- 120 g sout en asyngeur aartappelskyfies, fyngedruk
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Voer ‘n pan uit met bakpapier.
Plaas die visporsies vel kant onder op die bakpapier en strooi met sout.
Smeer die visporsies met Mayonnaise sodat dit deeglik bedek is.
Strooi nou ‘n dik laag aartappelskyfies bo-oor die vis en druk in die Mayonnaise vas.
Bak vir 20 – 25 minute, afhangende van die dikte van die visporsie, totdat die vis maklik met ‘n vurk gevlok kan word.
Nota:
Die vis se vel sit vas aan die bakpapier wanneer jy die vis met ‘n spaan oplig.
Jy kan ook die vis met hoender fillette vervang – bak dit net bietjie langer.
Resep en foto geplaas deur Bernadene Prinsloo