SOUSPOEIER BêREMENGSEL
Resep getoets: Rheda Vreken
Foto: Stompie Theron Borman
- 500 g bruismeel
- 250 g Bistosouspoeier
- 250 g Bronosouspoeier (of Bisto indien nie verkrygbaar)
- 2 pakkies uiesouspoeier
- 1 pakkie tamatiesoppoeier
- 1 pakkie sampioensoppoeier
- Meng alles saam en hou in lugdigte houer.
- Maak die mengsel (1 of 2 eetlepels) aan met water en voeg by jou kos, laat goed deur kook.
Notas:
Phyllis Snyman Olivier – Wanneer jy sous wil aanmaak, meng ‘n eetlepel of 2 van die droëmengsel met ‘n bietjie koue water.
Voeg dit by warm vleisaftreksel en kook stadig op die stoof tot gaar.
Ek sukkel soms om bronosouspoeier te kry en gebruik dan 2 Bistosouspoeiers.
Ek maak die sous ook deesdae in die mikrogolf. Baie spaarsaam en heerlik.
Marina Saunders – My resep is net maizina in plek van meel en die laaste twee soppoeiers met wit soppoeiers. Ek het ‘n vriendin wat allergies is vir sampioene en ek hou verby met dit. So maybe use maizina, bisto, twee bruin en twee wit uiesop. Lekker kook maatjies.
Stompie Theron Borman – Van die souspoeier maak mens die lekkerste bruinsous en wil jy ‘n bredie verdik is daar niks smaakliker as hiermee nie. (het 500 g Bistosouspoeier gebruik – kry nie meer Brono nie.)












