Your Recipe Blog

SOUSERIGE SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by

SOUSERIGE SJOKOLADEKOEK

  • Koek:
  • 3 eetlepels kakao
  • ¾ koppie kookwater
  • 6 eiers
  • 1.5 koppies suiker
  • ¾ koppie olie
  • 1.5 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Stroop:
  • 1.5 koppies suiker
  • 2 koppies kookwater
  • 1 eetlepel koffiepoeier
  • 1 doppie rum geursel/ OBS of enige soet wyn
  • Versiersel:
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 1 houer room, styfgeklop

Stel oond op 180 ºC.

Beslag:
Meng kakao met kookwater, laat solank afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg kakaomengsel by en meng deeglik!
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in gesmeerde 22 cm x 30 cm pan en bak ongeveer 30 min.

Stroop:
Kook suiker en water saam, voeg koffiepoeier by en kook vir 5 min.
Verwyder van stoof en voeg die geursel by. Roer goed.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

Versier :
Laat goed koud word, smeer karamel kondensmelk of Nutella oor en versier met styf geklopte room en ‘n gekrummelse Flake, indien verkies.

Resep geplaas deur Esmarie Buys
Foto: Meisie van der Colff

Category:

One Review

  1. Naomi

    Heerlik verby! Maklike resep, baie klam en smaakvol. Definitief ń wenner.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5