Your Recipe Blog

SOUSERIGE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS EN MELK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 35 min. | Servings: 4

SOUSERIGE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS EN MELK

Nie ‘n groot resep nie, maar omdat dit redelik soet is, skep mens nie sulke groot porsies nie… geniet hom

  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 125 ml strooisuiker
  • 25 ml kakao
  • knippie fyn naeltjies
  • 50 ml margarien, gesmelt
  • 125 ml water
  • 5 ml vanilla
  • 100 ml suiker
  • 50 ml kakao
  • 375 ml kookwater

Sif die koekmeel, bakpoeier, sout, strooisuiker, 25 ml kakao en naeltjies saam.
Roer die gesmelte margarine, water en geursel by die droë bestanddele in.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde bakskottel van 20 x 5 cm diep en maak gelyk.
Meng die suiker, 50 ml kakao en kookwater tot klontvry.
Giet versigtig oor die deeg oor die agterkant van ‘n groot lepel, pasop dat dit nie ‘n gat maak nie.
Plaas die bakskottel in ‘n oondpan met kookwater.
Bak 30 – 35 min by 180°C.

Nota:
Ek het ook ‘n paar klein paaseiers in gesnipper, en dit met olie ipv margarien gemaak – regtig heerlik!!

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans

One Review

  1. Johanna Becker

    Lekker poedding baie dankie

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page