Your Recipe Blog

SOUSERIGE BEESSSTERT

SOUSERIGE BEESSTERT

“Dien op met baie rys, want dis ‘n souserige sappige storie.” sê Girrian Coetzee van Dundee.
Ek het die resep bietjie verander, maar die oorspronklike resep is Girrian Coetzee van Dundee s’n.

  • 2 uie, in ringe gesny of opgekap
  •  olie, om in te braai
  •  koekmeel, om in te rol
  • sout en peper, na smaak
  • 5 ml gemaalde naeltjies
  • 15 ml Worcestersous sout
  • 30 ml Worcestersous
  • 1.7 kg beesstert, in stukke gesny
  • 250 ml – 500 ml kookwater
  • 2 beesstert vleisaftreksel blokkies (los op in die kookwater)
  • 60 ml wit druiweasyn
  • 60 ml bruinsuiker
  • 5 middelslag wortels, geskil en in 5 cm stukke gesny of 2 pakke baba wortels
  • 4 groot aartappels, geskil en gehalveer of 1 pak baba aartappeltjies geskil
  • ½ pakkie (50 g) beesstert soppoeier
  • 50 ml fyn pietersielie, opsioneel

Soteer uie in bietjie olie tot sag.
Geur die koekmeel met sout, peper, naeltjies en Worcestersous-sout.
Rol die beesstertstukke daarin tot goed bedek.
Braai bietjie op ‘n slag in verhitte olie tot bruin.
Voeg net genoeg vleisaftreksel-kookwater by om vleis te bedek.
Voeg die Worcestersous by.
Voeg die asyn en bruinsuiker by en prut tot vleis amper sag is. Voeg nog kookwater by, indien nodig.
Voeg wortels en aartappels by.  Maak die soppoeier aan met bietjie water en voeg die by.
Prut tot die groente en vleis sag is.
Voeg nog soppoeier by, indien sous nie dik genoeg is nie.
Geur met nog sout en peper indien nodig.
Dien op met rys.

Resep en fotos: Heleen Brümmer Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page