SOSATIEWORS
Gisteraand het ek vir ‘n sosatiewors resep gevra op die groep. So hier is ons eerste sosatiewors wat ons self gemaak het, sonder ‘n premix, en bietjie aangepas het volgens ons eie smaak deur Japie Jacobs. En dit is heerlik! Baie dankie aan almal wat ons so baie raad gegee het – die wors is fantasties.
- wors derms
- 4 kg 80:20 maalvleis : vet ratio (of soos jy dit verkies)
- 4 eetlepels sout
- 2 knoffeltoontjies, gerasper
- 2 cm vars/gevriesde gemmer, gerasper
- 2 teelepels droë gemmer
- 5 eetlepels matige kerriepoeier
- 2 eetlepels fyn koljander
- 2 teelepels fyn naeltjies
- 2 teelepels witpeper
- 2 teelepels fyn swartpeper
- 3 teelepels fyn komyn
- 1 teelepel rooipeper
- ½ koppie asyn
- 6 eetleples appelkooskonfyt
- 3 eetlepels borrie
- 1 koppie yskoue water
Smelt die appelkooskonfyt in die mikrogolfoond, en roer die borrie by. Laat afkoel.
Plaas al die bestanddele behalwe die vleis in ‘n bak en meng goed.
Voeg die vleis by en werk die speserymengsel goed deur die vlesi met jou hande.
Braai ‘n klein stukkie in ‘n pan om seker te maak dit proe soos wat jy dit wil hê.
Stop die wors met ‘n worsstopper, nie te styf nie. Verpak soos verlang.
Braai soos wat dit vir jou lekker is.
Resep : Japie Jacobs
Foto: Ilze Jacobs