SONNEBLOMSAAD MINI BROODJIES
- 250 ml sonneblomsaad meel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 eetlepels elk pampoen- en sonneblomsaad
- knypie sout
- 250 ml gerasperde kaas
- 2 eiers
- sesame- en poppiesaad om bo-oor te sprinkel
Meng al die bestanddele saam.
Verdeel die deeg tussen 4 holtes van ‘n silikoon mini broodpan wat gesmeer is met olie of gespuit is met nie kleefwerende middel.
Sprinkel die sesame- en poppiesaad bo-oor en bak 15 – 17 minute by 190ºC.
Toets of die broodjie gaar is.
Sny elke broodjie in die lengte deur en bedien met kaas of smeer van jou keuse.
Resep en fotos: Ilze Jacobs