SONNEBLOM SJOKOLADE KOEK
- 230 g botter
- 500 g suiker
- 4 eiers
- 355 g koekmeel
- 130 g kakao
- 1½ teelepel koeksoda
- 2 t eetlepel bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel vanilla geursel
- 3 mengbakke
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en sit een kant neer.
In jou tweede bak meng die kakao met 2 koppies kookwater en laat dit afkoel.
In jou derde bak klits die suiker en botter saam tot sag en roomerig. (so 8 minute met ‘n “stand mixer”)
Voeg die eiers een vir een by die botter/suiker mengsel asook die teelepel vanilla terwyl jy heeltyd klits.
Voeg die meel en kakoa mengsel by die botter en eiers, ‘n kwart koppies op ‘n slag b.v ¼ koppie meel en ¼ koppie kakao en meng todat dit net bymekaar kom, moenie oormeng nie.
Geen nog een vinnige meng vir nie langer as 30 sekondes nie en plaas in die voorbereide koek panne.
Bak tye sal wissel afhanged van die groote van die panne; 20 cm panne vat ongeveer 45 minute en die kort maar dik panne (sovat 17 cm) wat jy dikwels voller maak neem so 55 minute.
Ek bak albei vir rondom 40 minute en druk ‘n tandestokkie of mes in die koek om te bepaal hoe gaar dit is. Ekstra 10 minute vir baie rou en so 5 minute vir amper klaar.
Ek het ‘n gewone sjokolade botterversiersel gemaak met Trumps kakoa om dit die donker “grond” kleur te gee.
Versier soos verkies, ek het versiersuiker blomme gemaak.
Foto: en resep: Christina van Tonder