SONJA SE MAASKAASTERT
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 500 ml room
- 1 bakkie gladde maaskaas
- 1 blikkie kondensmelk
- 15 ml gelatine opgelos in klein bietjie kookwater (laat afkoel)
- 100 ml suurlemoensap
- Versiersel:
- vars vrugte of granadilla pulp of beskuitjiekrummels
Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies onder in langwerpige tertbak (of maak beskuitjies fyn en meng met botter vir ‘n kors)
Klits room tot styf.
In aparte bak meng kondensmelk met gelatine, voeg maaskaas en suurlemoensap by. Meng goed.
Vou nou geklopte room liggies in met ‘n lepel en skep die beslag in bak met die beskuitjie. Versier met vars vrugte of fyngedrukte beskuitjies of granadilla pulp gemeng met bietjie gelatine – net waarvoor jy lus is.
Nota:
Ek maak soms sommer bietjie jellie aan en skep ‘n dun lagie bo-oor die vulsel – dit lyk ook mooi!
Vir bietjie kleur meng ek droë jelliepoeier by die beslag – wanneer dit dan gestol is gee dit sulke mooi donker strepies in die tert.
Foto en resep: Sonja Young