SONDAGSKOOL KOEK
- 750 ml koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- 500 ml suiker
- 5 ml koeksoda
- 80 ml kakao
- knippie sout
- 500 ml kookwater
- 250 ml olie
- 10 ml vanilla geursel
- 50 ml asyn
Sif en meng al die droë bestanddele saam.
Voeg die oorblywende bestanddele by en meng goed.
Skep die beslag in ‘n gespuite oondbak of koekpan.
Voorverhit oond tot 180°C en bak vir 25 minute.
Resep geplaas en foto: Eddie Smit
Category: