Your Recipe Blog

SONDAGMIDDAG LAMSBOUD

Recipe by
Cook: 3 ure

SONDAGMIDDAG LAMSBOUD

Sondag middagete. Lamsboud met rys en lang sous, pampoen, boontjies, gebakte aartappels en nagereg.

  • lamsboud van 2 kg, met skenkel aan indien verkies
  • 8 knoffelvingers, gekneus
  • 1 eetlepel droë tiemie
  • 2 eetlepel olyfolie
  • skil en sap van 1 suurlemoen (skil baie fyn gerasper)
  • 4 eetlepel botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit oond tot 180ºC.
Meng die knoffel, suurlemoenskil en suurlemoensap met olyfolie en vryf die hele lamsboud goed met die mengsel in.
Plaas die lamsboud in ’n groot oondpan.
Stip oral oor met botter, geur met sout, peper en droë tiemie.
Bak vir 3 ure.
Bedruip gereeld met pansous bo oor boudjie.
Laat die lamsboudjie so 15 min rus voordat jy dit opsny.

Resep en foto: Abri van Vuuren

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page