SONDAGAAND HOENDERGEREG
- 1 knoffel en kruie aftrekselblokkie
- 6 ontbeende hoenderborsies
- 1 pakkie sampioene, gesny
- ½ pakkie room hoendersoppoeier
- 1 fyn gesnyde ui
- olie om uie te braai
- knoffel en kruie, na smaak
- 1 houertjie suurroom
- gerasperde kaas, na smaak
- 1 pak pasta, klaar gekook
- Nandos speserye
Meng die aftrekselblokkie in genoeg water om net die hoender te bedek. Plaas saam met die hoender in ‘n pot.
Kook hoender tot gaar maar nog sappige.
Braai die uie in bietjie olie tot deuskynend.
Voeg knoffel en kruie by, braai deur. Voeg die sampioene by die uiemengsel en braai tot gaar.
Haal die hoender uit die water en flok die hoender. Hou die water eenkant.,
Voeg die Nandos speserye by die hoender, meng deur en voeg die hoender by die gebraaide uie, braai alles saam.
Meng soppoeier met die hoenderwater en voeg by hoender. Kook deur om te verdik.
Voeg die suurroom by en prut ‘n rukkie dat die smake kan meng. Wanneer die sous tekstuur reg is, meng die hoendermengsel by die gaar pasta in.
Skep die hoendermengsel in ‘n oondbak en strooi die gerasperde kaas oor.
Bak in die oond by 180ºC, tot kaas lekker gesmelt het.
GENIET!!!
Resep en foto: Barbara Venter