SONDAG SE BEDERFPOEDING
- Kors:
- 2 pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
- 125 g egte botter
- Vulsel:
- 1 pak Philadelphia roomkaas
- 250 ml room
- 6 eetlepels suiker
- 6 eetlepels suurlemoensap
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 gewone Flake, fyn gebreek
- vrugte van jou keuse om bo-op te pak
Maak krummelkors van die botter en beskuitjiekrummels, druk op die bodum van ‘n tertbak vas en hou in vrieskas tot vulsel reg is.
Klop room styf en roer roomkaas by.
Klits al die ander bestanddele saam en skep in die voorbereide tertkors (een groot of 2 klein melktert blinkpan grootte).
Pak enige vars vrugte van jou keuse en soveel jy wil daarop.
Strooi Flake oor die vrugte.
Bêre in yskas om te stol en tot benodig.
Resep en foto: Ellie Diederiks Botha