SOMERSLAAI
Heerlik vir voorgereg by braai, as gewone slaai vir bygereg of sommer net vir ete op sy eie.
Hierdie slaai se kombinasie klink dalk vreemd maar is heerlik saam met growwe brood. Geniet!
- gekrulde slaaiblare
- roket
- 1 rooi ui, in fyn ringe gesny
- gekapte geel, rooi en groen rissie
- 2 ferm veselperskes, in klein blokkies gesny
- lietsjies, geskil, ontpit en fyn geskeur
- kersietamaties
- volgende kruie fyn gekap: mintblare, origanum, basil, tiemie
- sprietuie, in fyn ringetjies
- 2 wiele Fetakaas met swartpeper
- garnale of baba-inkviskoppies
- knoffelbotter
- vis speserye
- Ina Paarman roosmaryn en olywe
- sout en peper
Pan braai garnale of baba-inkviskoppies in knoffelbotter met vis speserye. (Ek laat dit gaar word en panbraai dit dan laaste keer vinnig op hoë hitte)
Laat koel seekos af tot op kamertemperatuur.
Pak al die bestandele in ‘n mooi glasbak, maak seker dat die lae kontrasterend gepak word.
Geur met sout en peper na elke laag as ook Ina Paarman te roosmaryn en olywe spaarsamig by te voeg.
Maak slaaisous van die volgende en bedien apart, as slaaisous voor die tyd bygevoeg word maak dit die slaai pap:
- 100 ml suurlemoensap
- sout na smaak
- peper na smaak
- 100 ml olyfolie
- teelepel suiker
Resep en foto: Dricus Bosman