SOLDAAT POEDING (IDEAL MELK POEDING)
- 1 blikkie Ideal melk
- 1 blikkie kondensmelk
- 2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
- 2 eetlepels suiker
- 1 eetlepel gelatien
- 2 styfgeklopte eierwitte
Kook die blikkie Ideal melk vir 20 minute die vorige dag en hou in yskas.
Klits die Ideal melk totdat dit dik en romerig is.
Klits die kondensmelk by, hou aan klits, voeg appelkooskonfyt en suiker by en klits goed.
Los gelatien in lou warm water op totdat dit lyk soos lym en klits dit by.
Vou die styf geklopte eierwitte by.
Skep in tertbak uit en plaas in yskas tot koel.
Geniet my soldaat poeding.
Bron: Chef in die SAW
Plasing: Jaenette Hough Meyer
Foto: Leon Kotzé