Your Recipe Blog

SOETSUUR VARKVLEIS

SOETSUUR VARKVLEIS

  • 750 g varkfilet, in blokkies gesny
  • 75 ml botter
  • 5 ml geuropwekker (Aromat)
  • 1 blik pynappelstukke
  • 100 ml kookwater
  • 15 ml suiker
  • 100 ml witasyn
  • 30 ml sojasous
  • 20 ml mielieblom
  • 1 soetrissie, in repies gesny

Braai die vleis in botter tot goudbruin en gaar. Sprinkel die geuropwekker oor.
Dreineer die pynappelstukke en meng die pynappelstroop met die kookwater, suiker, asyn, sojasous en mielieblom.
Kook ongeveer 15 min oor lae hitte.
Meng die pynappelstukke en soetrissie met die sous en giet dit oor die blokkies varkvleis.
Sit die gereg warm voor.

Nota:  Wayne Dugmore
Ek het die soetrissie in die vuurwarm sous gesit toe dit begin dik word het.
Ek het die plaat afgesit, toe die sous bygevoeg en gelos dat dit prut tot die plaat koud is.

Resep geplaas deur  Retha Roux
Foto: Wayne Dugmore

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page