Your Recipe Blog

SOETSUUR VARKBLOKKIES MET KITSSOUS

SOETSUUR VARKBLOKKIES MET KITSSOUS

  • Varkblokkies:
  • 500 g blokkies varkvleis (goulash of tjops wat gesny is)
  • sout en peper
  • suurlemoensap
  • sojasous
  • olie vir braai

Braai die varkblokkies in bietjie olie met sout, peper, suurlemoensap en sojasous na smaak tot gaar.
Laat eenkant afkoel.

  • Basies ‘n dikker pannekoek deeg:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 eier
  • knippie sout
  • ± 1 koppie water, gebruik gewoonlik bietjie minder

Meng die deegbestanddele saam en klits tot ‘n gladde beslag.
Verhit olie vir diepbraai, nie te warm nie.
Plaas die blokkies vleis in die deeg en roer deur tot die vleis bedek is.
Skep een vir een blokkie uit die deeg en plaas in die olie, dit kan aanmekaar vasplak as daar meer op ‘n slag saam geskep word.
Diepbraai tot goudbruin.
Kook rys soos normal, genoeg vir die aantal mense wat jy wil bedien.
Maak roereier van 2 eiers en meng met die gaar rys.
Skep die vleis bo-op die rys en giet ‘n soetsuursous van jou keuse oor (ek het sommer ‘n pakkie sous gebruik).

Resep en foto 1: Lizelle Fourie Wolmarans
Foto 2: Jackie Botha

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page