SOETSUUR SOETRISSIES (ROOI, GEEL, GROEN)
Ek het net 1 van elke kleur soetrissie gebruik op hierdie sous hoeveelheid.
- 500 ml suiker
- 500 ml asyn
- 500 ml water
- 10 ml sout
- ½ teelepel peperkorrels
- ‘n grypie pickle spice
- 1 – 2 huisies knoffel in vir smaak en interessantheid
Sny jou soetrissies (geel, groen, rooi) in mooi dun repies.
Vul die vooraf gesteriliseerde bottels, lekker styf met die repies.
Voeg al die bestanddele vir die sous, in ‘n kastrol en kook die mengsel vir so 3 minute.
Voeg die sous kokend oor die soetrissies in die bottels.
Haal al die blasies met ‘n sosatiestokkie uit, indien daar is, voor die bottels geseël word.
Resep en foto: Christine Cotter